Mikrogolf Vrugteringkoek
By: Ben de Kooker
Author's Badges:
Rate this recipe
Help other users find great recipes!
Description
n Vrugteringkoek propvol dadels, kersies en pekanneute. Die koek word in die mikrogolf gebak en dan deurweek met 'n warm sitrussiroop wat met vars sap en skil gemaak is.
Ingredients
1 koppie suiker,
2 eiers,
3/4 koppie suurmelk,
1/2 koppie fyn kersies,
2 koppies meelblom,
1/2 koppie botter,
1 t. koeksoda,
1 koppie fyn dadels,
1/2 koppie fyn pekanneute.
Instructions
Metode: Klop suiker en botter tot lig en romerig. Klop eiers een-een deeglik by roommengsel. Los koeksoda op in melk en voeg by eiermengsel. Vryf vrugte by 1 koppie meel. Voeg res van die meel en 1/2 tl. sout by meel en vrugte en dan by roommengsel. Bak plus minus 12 min by 100% krag. Gebruik 'n ringspan.
Stroop: 1 koppie vars lemoen/suurlemoensap, 1 koppie suiker, 1 tl. gerasperde lemoen/suurlemoenskil. Kook stroop vir 5 min en giet oor warm koek. Kan gevries word.