Download PDF

Mikrogolfbeskuit

By: Ben de Kooker

Author's Badges:
Apprentice Chef Budding Chef Getting Noticed First 10 Views First Like First Recipe
Baking Breakfast Kid-Friendly Quick & Easy
Rate this recipe

Help other users find great recipes!

Mikrogolfbeskuit

Description

n Groot porsie tradisionele beskuit wat met bruismeel, semels, rosyne en karringmelk gemaak word. Die deeg word in roomysbakke in die mikrogolf gebak, dan gesny en in 'n gewone oond uitgedroog.

Ingredients

500 g margarien

1 kg bruismeel
5 ml sout
500 ml semels
250 ml rosyintjies (1 kop.)
2 eiers (groot)
375 ml bruinsuiker (sagte)
15 ml bakpoeier
750 ml All Bran Flakes,
500 ml karringmelk

Instructions

Smelt margarien en bruinsuiker. Meng bruismeel, bakpoeier, sout, All Bran, semels en rosyintjies saam. Klits eiers en karringmelk saam. Voeg gesmelte margarien en bruinsuiker by droƫ bestanddele en voeg laastens die karringmelk en eiermengsel by. Roer deeglik deur. Voer nou drie plastiese 2 l roomysbakke uit met 'n velletjie papierhanddoek per bak. Skep deeg nou in drie bakke. Bak een bak op 'n keer vir 8 min op hoog in mikrogolf. Haal uit en laat staan vir 3 min. Doen nou dieselfde met die ander twee bakke. Gooi uit die bak en laat heeltemal afkoel voordat dit in vingertjies gesny word. Droog uit in gewone oond by 100 grade.

« Back to All Recipes

Get New Recipes

Subscribe to our newsletter to get the latest public recipes sent straight to your inbox.